Wednesday, 25 February 2015

lewensreis #2





Niks kon my vandag meer gelukkig maak as om tussendeur al die rondjaag gou my wasgoed by die huis te gaan optel nie. #lewensreis2 #home #peace #myhartisdankbaar #waardeer #skoonwasgoed

lewensreis #1


Ek is innig dankbaar vir Food Lover's Market se Americano en verniet WiFi om hierdie besige week mee te begin. #lewensreis1 #coffee #americano #hierkomnding #reading #greaterthingsareyettocome

Die begin van 'n lewensreis

'n Mens is elke dag so gefokus op die konkrete, die onmiddellike en die nou. Ek sien dit daagliks in my eie lewe. Of dit nou die gejaag na die volgende sperdatum of spertyd is, die onoplettende verbygaan van die ure in die dag of sommer net 'n mens se geneigdheid is om die "klein dingetjies" in die lewe mis te kyk.

Anders as om iets konkreet te leer, wil ek leer om die kleiner dinge in die lewe meer te waardeer. Vandaar die naam van die blog, "lewensreis", omdat dit iets is wat aangaande is en wat nie skielik gaan stop nie. Hierdie is 'n reis van die lewe as sulks en die proses waardeur ek gaan gaan om oor 'n geruime tyd te kan sĂȘ: "Ek het dit nou."

Die reis gaan die vorm aanneem van kleiner posts op hierdie blog en dit gaan gepaardgaan met veral foto's en ander vorme van multimedia soos die geleentheid hom voordoen. Jy is welkom om my te gaan volg op Instagram by @anuska_rabe om eerstehands te sien wat ek deur hierdie "lewensreis" gaan doen. Ek sal alles wat op Instagram gesit word, hier ook post, maar dit gaan heel moontlik nie korrelleer met die spesifieke datum of tyd wanneer die oorspronklike foto opgelaai is nie.

Ek sien uit om hierdie lewensreis te begin.