Wednesday, 30 December 2015

The social media detox


This month has been one filled with so much laughter and happy moments, but it was also filled with devastation and sadness. We live in an ever-changing world where human interaction is possible with the click of buttons. We click “like”-buttons on Facebook, “love”-buttons on Instagram and we take photos of ourselves to send into the world via Snapchat (to name only a few). But how genuine is that “like”? How much do you really know about your thousand plus friends on Facebook other than what they selectively choose to portray on social media?
I was off the social media grid for 30 days and I still can’t even comprehend how needed and vital this decision was for my mental health.
Round about November 14th, I sat in a very boring Postgraduate class and as per usual my friend and I started a conversation about people and things that irritates us. After naming a few things that bothered us in turn, I commented on people’s misuse of Facebook. My friend (said friend does not have Facebook) looked me dead in the eyes and told me that it only takes one button to deactivate an account. It got me thinking about the reasons why I have a Facebook account. Since 2007, a day hasn’t gone by that I did not check what happened on Facebook. With connectivity and smartphones booming, it got easier to check what is happening in the world with the click of a button in the palm of your hand. Social media applications are a way of life nowadays.
I don’t know if I am the only person, but it came to the point where scrolling aimlessly on Facebook and Instagram, consumed so much of my precious time in a day without me realizing it. When I went to bed, I checked Facebook and Instagram and when I woke up in the mornings, I did the same. It consumed me without me knowing that it has a hold on me.
After writing my last exam on November 20th, I got in my car and took a lone mission to Upington where I had a lot of thinking time. I decided there and then that a social media fast is necessary. I did all my preparation for this challenge. I uninstalled Facebook and Instagram from my phone and tablet so that the temptation to check my notifications is less. My social media detox was hard, but so rewarding.

Here is what I’ve learned during this month:

1.  The people who really care about you will always be there. Regardless of where you are or what happens to you.
I am speaking about the people who will celebrate every triumph with you and who will dry your tears when it seems as if your world is crashing down.


2.  Make time for friends who you value in your life.
Friendship is a two-way street, but it starts with your own loyalty towards someone else and your willingness to be interested in their well being behind screens. Message or phone that one or two friends you haven’t heard of in a while and do not assume that hitting the “like”-button is enough. They might just need that extra little love more than you can imagine.

3.  Stop comparing yourself to others.
“Comparison is the thief of joy.” - Theodore Roosevelt
How many times do you see photos of other people’s joy and laughter and that devilish voice in your head makes the comparison? Your chapter 5 cannot possibly be compared to someone else’s chapter 32. Stop comparing. It is killing your own beauty and self-worth. You. Are. Enough. Let me repeat that so it goes through. You. Are. Enough.

4.  Do not do something or go somewhere just to post it on social media.
“Take a lot of pictures so that I can choose the best one to post!” I am especially guilty of this one. Who doesn’t want to look good? I’ve learned during this month that the photos I took of all the places where I went and of myself, was for myself. I was immersed in the beauty of a place rather than how it looked on a screen.

5.  Human interaction is important. Speak to the person next to you.
In so many places where I’ve been, I saw couples or friends in restaurants and public spaces like airports sitting next to each other, both on their phones or tablets, looking down, without saying a word to each other. This killed me inside. If you cannot separate your palm from your phone, maybe try to make a deliberate effort to never take out your phone when sitting at a table. Make your own rules and stick to it.

I am far from perfect, but this month taught me so much more than I could ever bargain for. I am learning again to see the world through my own eyes in comparison to what the world wants you to see through screens and filters. I am not saying that everybody should remove themselves from the social media realm (don’t get me wrong), but I hope that people will start thinking twice before posting something or sharing things that might be hurtful to one another.
May we realize how much we need interaction outside of social media and how much we can give to others that need that kind or thoughtful message or hug.


Thursday, 29 October 2015

Wees net 'n kampioen, dêmmit!

Elke keer as ek hierdie video kyk (ek het dit nou al 'n paar keer gekyk op daardie dae wat jy net 'n bietjie motivering soek vir waarom jy jouself nou weer straf met NOS), kry ek hoendervleis. Wees net 'n kampioen vir daardie een leerder wat dit nodig het. Stukkie vir stukkie kan jy die wêreld met jou hart verander.

Rita Pierson - Every kid needs a champion

Sunday, 15 March 2015

Die towerkuns van die opvoedkunde

In die moderne samelewing waarin ons onsself bevind, is dit so maklik om oorweldig te voel deur die massas inligting tot ons beskikking. Dit is geen uitsondering met die proses van die opleiding van onderwysers, pedagoë en selfs kurrikulumtegnikuste nie.

Volgens die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) is 'n onderwyser 'n "persoon wat na ['n] afgelegde eksamen bevoeg verklaar is om les te gee aan 'n hoër of laer skool." Die HAT verklaar ook 'n pedagoog as 'n "persoon wat hom toelê op die studie van die pedagogie". 'n Kurrikulum word verklaar as die "studiekursus" of "leergang" wat 'n kurrikulumtegnikus as't ware dus ontwikkel.

Uit bogenoemde verklarings is dit duidelik dat al drie hierdie professies of rigtings 'n direkte uitwerking of effek op die kinders wie hierdie opvoeding van bogenoemde persone ontvang, sal hê. Dit maak dan net sin dat die onderwyser, pedagoog of kurrikulumtegnikus een doel voor oë moet hê: om hierdie leerders te inspireer om te leer.

'n Mens is so geneig om vas te val in 'n raamwerk van reëls en rigiede strukture met betrekking tot die opvoeding van Suid-Afrikaanse kinders, maar 'n mens se nommer een uitkykspunt in die onderwys moet wees om te inspireer - daarom my finale argument:

Dit is aanvaarbaar dat daar standaarde en beleide moet wees, maar elke onderwyser, pedagoog of kurrikulumtegnikus moet opgelei word om ander en daarom leerders te inspireer deur hul optrede, kennis en vaardighede. Is dit nie hoe ons 'n land gaan "vorentoe neem" as kinders die toekoms van more is nie?


Saturday, 14 March 2015

lewensreis #17






"And I had the week that came from hell and I know that you can tell, but you're like the net under the ledge when I go flying off the edge you go flying off as well...last night I think I drank too much. Call it our temporary crutch. With broken words I try to say honey don't you be afraid, if we've got nothing we've got us." #lewensreis17 #liefjou #5jaar #6maande #12dae

lewensreis #16

Soms kyk 'n mens 'n toneelstuk wat jou hier aan die hart kom ruk en net nie wil los nie. Rondomskrik = ongelooflik. Well done @henniewtf en die res van die span. As jy dit nog nie gesien het nie, mis jy uit! Gaan kyk dit more om 11:00 in die HS Stellenbosch se ouditorium. #lewensreis16 #rondomskrik #wow #heart #onsishier #maties #airplanes

lewensreis #15

Niks so mooi soos my taal nie. #uswoordfees #woordfees #afrikaans #trots

lewensreis #14





Ek het die tyd van my lewe saam met julle. Ek is so geseënd met julle as primgenote. So lief vir julle. #lewensreis14 #primmies #minervaenpieke #minerva #venustia #friends #oustal #dasmal #deriksegebruiklikerooidas #netliefde

lewensreis #13


Dis hoe champions lyk! Minerva = Debat Champions 2015. So dankbaar vir koshuistrots en gesonde verstand. Well done julle #lewensreis13 #debate #woordfees #uswoordfees #potchhierkomhulle #sogelukkig #ekgaansaam #noarguments

lewensreis #12


Jy is hier vir 'n rede. My oë maak elke dag skrefie vir skrefie oop vir elke seëning. #lanzerac #stellenbosch #nature #believe #nofilter

lewensreis #11






Bevoorreg met een mal oulike HK. Julle maak alles makliker. #lewensreis11 #hk #minerva #lanzerac #mooikinders #kleindingetjies

lewensreis #10






Party dae moet 'n mens in hierdie een vasloop om net vir 20min straight te lag. #lewensreis10 #friends #funny #humour #humorislewe #gideonoomblikke

lewensreis #9






Soms moet jy net plat op jou gat gaan sit op die opvoedkunde gebou se stoep na 'n lang dag en besef, "hey, I gots this." #lewensreis9 #tired #plat #studentlife #lagvirmyself

lewensreis #8





Eens in 'n leeftyd kry mens sulke lewensveranderende e-posse wat alles op sy kop keer en deure vir jou oop maak. So opgewonde. Watch this space #makingdifferences #community #projects #sohappy #excited #kiddies

lewensreis #7


Kyk ek is stout vir 'n stukkie ontbyt en samesyn. Groot waardering vir hierdie bederf vanoggend #lewensreis7 #breakfast #brekkie #julians #watiskilojoules #cleaneating #healthy

Monday, 2 March 2015

Weeklikse vraag 2



Atwell and Hughes (2010) argumenteer vir die gebruik van tegnologie in pedagogiese opsette dat die fokus vir onderrig verskuif het deur ’n beweging na leerdergesentreerde onderrig of ’n beweging van onderrig na leer.
Een van die benaderings wat digitale pedagogie steun is dié van konstruktivisme. Konstruktivisme verwys na die feit dat leerder hulle eie kennis en betekenis deur hulle leer as’t ware konstrueer (Atwell & Hughes, 2010). Die essensie van konstruktivisme word deur die volgende aspekte uitgelig wat ’n kind se leerervaring ondersteun en wat nodig is vir kennisproduksie: ervaring, verwarring, refleksie en konstruksie (Atwell & Hughes, 2010). Kognitiewe-, sosiale- en radikale konstrutivisme is drie onderafdelings van konstrukvisme. Vir die fokus van hierdie bespreking gaan daar nie in veel besonderhede hieroor uitgebrei word nie.
Verskeie nuwe pedagogiese modelle word ook na vore gebring byvoorbeeld: “Learning 2.0”, “Learning 2.0 counter-evidence”, konnektivisme, gemeenskappe van ondersoek, teorie/praktyk praktiese navraag, akademiese vakleerlingskap, e-leer of e-padagogie (Atwell & Hughes, 2010).
’n Verdere benadering is dié van gemeenskappe van praktyk. Hierdie benadering is gesetel in die gesitueerde leerteorie wat die gesitueerde natuur van leer uitlig en beklemtoon (Atwell & Hughes, 2010). Kennis word aangeleer, gegenereer en dit word getransformeer in die sosiale interaksie waarin die kind hom of haarself bevind. So is dit duidelik dat lede van aanlyngemeenskappe, skakels maak met kennis en selfs nuwe kennis uitbrei deur hierdie leerteorie. So ontwikkel en verdedig hierdie lede opinies.
Nog ’n benadering is die aktiwiteitsteorie. Die aktiwiteitsteorie model kontekstualiseer die interaksie tussen mense en rekenaars met die aktiwiteitssisteem waarin dit plaasvind, terwyl dit die mediasie van instrumente en gereedskap, reëls en verdeling van arbeid beklemtoon (Atwell & Hughes, 2010). Menslike praktyke word as ontwikkelingsprosesse ondersoek. Hierdie benadering beklemtoon die belangrikheid van die interaksie met gereedskap as nuwe konsepte wat leer vorentoe dryf (Atwell & Hughes, 2010).
Sosiale konstruktivisme is nog ’n benadering wat digitale pedagogie ondersteun. Die teorie is gebasseer op die werk van Lev Vygotsky en beklemtoon die interaksie met die sosiale omgewing (Atwell & Hughes, 2010). Vygotsky se Zone van Proksimale Ontwikkeling vorm ’n integrale deel van sy teorie en dit beklemtoon dat leerders groei tot ’n mate tot die vlak van die inligting wat aan hulle voorgelê word (Atwell & Hughes, 2010). Hiermee ook die belangrikheid van steiering of ‘scaffolding’.
Hieruit is dit duidelik dat ’n mens nie net digitale pedagogie in ’n spreekwoordelike boks moet sit nie, maar dat hierdie praktyk gebruik maak van talle ander benaderings wat dit versterk.

Bronnelys:



Sunday, 1 March 2015

lewensreis #6

Vanoggend het ek en Pieter 'n gesin van 6 ingelaai en in Ceres gaan aflaai. Hulle sou ongeveer 40km te voet moes aflê in die brandende Karoo-hitte of hulle sou moes hike. Net weereens besef hoe bevoorreg ons is en hoe 'n mens die klein dinge soos 'n werkende motor mis kyk. #lewensreis6 #farm #karoo #humbled #diejirreisgoedvironssêkoos

lewensreis #5

Lewensreis #5: Rots van 'n man! Onsaglik lief vir jou Jakes! #lewensreis #simonsig #paendogterdag #minerva #blessed #father #daughter

lewensreis #4


Bevoorreg met hierdie ystervrou in my lewe. Dankie mamma vir alles!* Vierde damesdag #lewensreis4 #damesdag2015 #damesdag #mother #daughter #tropical #delvera #breakfast

lewensreis #3





Lewensreis #3: Hoe bevoorreg is ons om op die mooiste kampus te swot? #educationbuilding #view #lewensreis3 #blessed #clouds #mountain #ekkortkoffie

Wednesday, 25 February 2015

lewensreis #2





Niks kon my vandag meer gelukkig maak as om tussendeur al die rondjaag gou my wasgoed by die huis te gaan optel nie. #lewensreis2 #home #peace #myhartisdankbaar #waardeer #skoonwasgoed

lewensreis #1


Ek is innig dankbaar vir Food Lover's Market se Americano en verniet WiFi om hierdie besige week mee te begin. #lewensreis1 #coffee #americano #hierkomnding #reading #greaterthingsareyettocome

Die begin van 'n lewensreis

'n Mens is elke dag so gefokus op die konkrete, die onmiddellike en die nou. Ek sien dit daagliks in my eie lewe. Of dit nou die gejaag na die volgende sperdatum of spertyd is, die onoplettende verbygaan van die ure in die dag of sommer net 'n mens se geneigdheid is om die "klein dingetjies" in die lewe mis te kyk.

Anders as om iets konkreet te leer, wil ek leer om die kleiner dinge in die lewe meer te waardeer. Vandaar die naam van die blog, "lewensreis", omdat dit iets is wat aangaande is en wat nie skielik gaan stop nie. Hierdie is 'n reis van die lewe as sulks en die proses waardeur ek gaan gaan om oor 'n geruime tyd te kan sê: "Ek het dit nou."

Die reis gaan die vorm aanneem van kleiner posts op hierdie blog en dit gaan gepaardgaan met veral foto's en ander vorme van multimedia soos die geleentheid hom voordoen. Jy is welkom om my te gaan volg op Instagram by @anuska_rabe om eerstehands te sien wat ek deur hierdie "lewensreis" gaan doen. Ek sal alles wat op Instagram gesit word, hier ook post, maar dit gaan heel moontlik nie korrelleer met die spesifieke datum of tyd wanneer die oorspronklike foto opgelaai is nie.

Ek sien uit om hierdie lewensreis te begin.