Monday, 2 March 2015

Weeklikse vraag 2



Atwell and Hughes (2010) argumenteer vir die gebruik van tegnologie in pedagogiese opsette dat die fokus vir onderrig verskuif het deur ’n beweging na leerdergesentreerde onderrig of ’n beweging van onderrig na leer.
Een van die benaderings wat digitale pedagogie steun is dié van konstruktivisme. Konstruktivisme verwys na die feit dat leerder hulle eie kennis en betekenis deur hulle leer as’t ware konstrueer (Atwell & Hughes, 2010). Die essensie van konstruktivisme word deur die volgende aspekte uitgelig wat ’n kind se leerervaring ondersteun en wat nodig is vir kennisproduksie: ervaring, verwarring, refleksie en konstruksie (Atwell & Hughes, 2010). Kognitiewe-, sosiale- en radikale konstrutivisme is drie onderafdelings van konstrukvisme. Vir die fokus van hierdie bespreking gaan daar nie in veel besonderhede hieroor uitgebrei word nie.
Verskeie nuwe pedagogiese modelle word ook na vore gebring byvoorbeeld: “Learning 2.0”, “Learning 2.0 counter-evidence”, konnektivisme, gemeenskappe van ondersoek, teorie/praktyk praktiese navraag, akademiese vakleerlingskap, e-leer of e-padagogie (Atwell & Hughes, 2010).
’n Verdere benadering is dié van gemeenskappe van praktyk. Hierdie benadering is gesetel in die gesitueerde leerteorie wat die gesitueerde natuur van leer uitlig en beklemtoon (Atwell & Hughes, 2010). Kennis word aangeleer, gegenereer en dit word getransformeer in die sosiale interaksie waarin die kind hom of haarself bevind. So is dit duidelik dat lede van aanlyngemeenskappe, skakels maak met kennis en selfs nuwe kennis uitbrei deur hierdie leerteorie. So ontwikkel en verdedig hierdie lede opinies.
Nog ’n benadering is die aktiwiteitsteorie. Die aktiwiteitsteorie model kontekstualiseer die interaksie tussen mense en rekenaars met die aktiwiteitssisteem waarin dit plaasvind, terwyl dit die mediasie van instrumente en gereedskap, reëls en verdeling van arbeid beklemtoon (Atwell & Hughes, 2010). Menslike praktyke word as ontwikkelingsprosesse ondersoek. Hierdie benadering beklemtoon die belangrikheid van die interaksie met gereedskap as nuwe konsepte wat leer vorentoe dryf (Atwell & Hughes, 2010).
Sosiale konstruktivisme is nog ’n benadering wat digitale pedagogie ondersteun. Die teorie is gebasseer op die werk van Lev Vygotsky en beklemtoon die interaksie met die sosiale omgewing (Atwell & Hughes, 2010). Vygotsky se Zone van Proksimale Ontwikkeling vorm ’n integrale deel van sy teorie en dit beklemtoon dat leerders groei tot ’n mate tot die vlak van die inligting wat aan hulle voorgelê word (Atwell & Hughes, 2010). Hiermee ook die belangrikheid van steiering of ‘scaffolding’.
Hieruit is dit duidelik dat ’n mens nie net digitale pedagogie in ’n spreekwoordelike boks moet sit nie, maar dat hierdie praktyk gebruik maak van talle ander benaderings wat dit versterk.

Bronnelys:



No comments:

Post a Comment