Volgens die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) is 'n onderwyser 'n "persoon wat na ['n] afgelegde eksamen bevoeg verklaar is om les te gee aan 'n hoër of laer skool." Die HAT verklaar ook 'n pedagoog as 'n "persoon wat hom toelê op die studie van die pedagogie". 'n Kurrikulum word verklaar as die "studiekursus" of "leergang" wat 'n kurrikulumtegnikus as't ware dus ontwikkel.
Uit bogenoemde verklarings is dit duidelik dat al drie hierdie professies of rigtings 'n direkte uitwerking of effek op die kinders wie hierdie opvoeding van bogenoemde persone ontvang, sal hê. Dit maak dan net sin dat die onderwyser, pedagoog of kurrikulumtegnikus een doel voor oë moet hê: om hierdie leerders te inspireer om te leer.
'n Mens is so geneig om vas te val in 'n raamwerk van reëls en rigiede strukture met betrekking tot die opvoeding van Suid-Afrikaanse kinders, maar 'n mens se nommer een uitkykspunt in die onderwys moet wees om te inspireer - daarom my finale argument:
Dit is aanvaarbaar dat daar standaarde en beleide moet wees, maar elke onderwyser, pedagoog of kurrikulumtegnikus moet opgelei word om ander en daarom leerders te inspireer deur hul optrede, kennis en vaardighede. Is dit nie hoe ons 'n land gaan "vorentoe neem" as kinders die toekoms van more is nie?
Geluk Me Rabe! U antwoord het met 60% van die stemme in ons #task3 oefening weggeloop. Vervolgens het ek u opnuut uitgenooi om op die klasblog te verskien as ons eerste "Gewilde Bydraer" :) Sou u so gaaf wees om u wenbydrae ook daar te gaan publiseer?
ReplyDeleteVriendelike groete, en weereens geluk!
Dankie Mnr. Knoetze! Ek sal dit met graagte doen. Dankie vir die geleentheid en dankie dat u die deure tot digitale pedagogie as't ware vir ons as klas oop maak. Ek waardeer dit opreg.
ReplyDeleteGroetnis