Atwell and Hughes (2010) argumenteer vir die
gebruik van tegnologie in pedagogiese opsette dat die fokus vir onderrig
verskuif het deur ’n beweging na leerdergesentreerde onderrig of ’n beweging
van onderrig na leer.
Een van die benaderings wat digitale pedagogie
steun is dié van konstruktivisme. Konstruktivisme verwys na die feit dat
leerder hulle eie kennis en betekenis deur hulle leer as’t ware konstrueer
(Atwell & Hughes, 2010). Die essensie van konstruktivisme word deur die
volgende aspekte uitgelig wat ’n kind se leerervaring ondersteun en wat nodig
is vir kennisproduksie: ervaring, verwarring, refleksie en konstruksie (Atwell
& Hughes, 2010). Kognitiewe-, sosiale- en radikale konstrutivisme is drie
onderafdelings van konstrukvisme. Vir die fokus van hierdie bespreking gaan
daar nie in veel besonderhede hieroor uitgebrei word nie.
Verskeie nuwe pedagogiese modelle word ook na
vore gebring byvoorbeeld: “Learning 2.0”, “Learning 2.0 counter-evidence”, konnektivisme,
gemeenskappe van ondersoek, teorie/praktyk praktiese navraag, akademiese
vakleerlingskap, e-leer of e-padagogie (Atwell & Hughes, 2010).
’n Verdere benadering is dié van gemeenskappe
van praktyk. Hierdie benadering is gesetel in die gesitueerde leerteorie wat
die gesitueerde natuur van leer uitlig en beklemtoon (Atwell & Hughes,
2010). Kennis word aangeleer, gegenereer en dit word getransformeer in die
sosiale interaksie waarin die kind hom of haarself bevind. So is dit duidelik
dat lede van aanlyngemeenskappe, skakels maak met kennis en selfs nuwe kennis
uitbrei deur hierdie leerteorie. So ontwikkel en verdedig hierdie lede opinies.
Nog ’n benadering is die aktiwiteitsteorie.
Die aktiwiteitsteorie model kontekstualiseer die interaksie tussen mense en
rekenaars met die aktiwiteitssisteem waarin dit plaasvind, terwyl dit die
mediasie van instrumente en gereedskap, reëls en verdeling van arbeid
beklemtoon (Atwell & Hughes, 2010). Menslike praktyke word as
ontwikkelingsprosesse ondersoek. Hierdie benadering beklemtoon die
belangrikheid van die interaksie met gereedskap as nuwe konsepte wat leer
vorentoe dryf (Atwell & Hughes, 2010).
Sosiale konstruktivisme is nog ’n benadering
wat digitale pedagogie ondersteun. Die teorie is gebasseer op die werk van Lev
Vygotsky en beklemtoon die interaksie met die sosiale omgewing (Atwell &
Hughes, 2010). Vygotsky se Zone van Proksimale Ontwikkeling vorm ’n integrale
deel van sy teorie en dit beklemtoon dat leerders groei tot ’n mate tot die
vlak van die inligting wat aan hulle voorgelê word (Atwell & Hughes, 2010).
Hiermee ook die belangrikheid van steiering of ‘scaffolding’.
Hieruit is dit duidelik dat ’n mens nie net
digitale pedagogie in ’n spreekwoordelike boks moet sit nie, maar dat hierdie
praktyk gebruik maak van talle ander benaderings wat dit versterk.
Bronnelys: