Showing posts with label #45810. Show all posts
Showing posts with label #45810. Show all posts

Monday, 2 March 2015

Weeklikse vraag 2



Atwell and Hughes (2010) argumenteer vir die gebruik van tegnologie in pedagogiese opsette dat die fokus vir onderrig verskuif het deur ’n beweging na leerdergesentreerde onderrig of ’n beweging van onderrig na leer.
Een van die benaderings wat digitale pedagogie steun is dié van konstruktivisme. Konstruktivisme verwys na die feit dat leerder hulle eie kennis en betekenis deur hulle leer as’t ware konstrueer (Atwell & Hughes, 2010). Die essensie van konstruktivisme word deur die volgende aspekte uitgelig wat ’n kind se leerervaring ondersteun en wat nodig is vir kennisproduksie: ervaring, verwarring, refleksie en konstruksie (Atwell & Hughes, 2010). Kognitiewe-, sosiale- en radikale konstrutivisme is drie onderafdelings van konstrukvisme. Vir die fokus van hierdie bespreking gaan daar nie in veel besonderhede hieroor uitgebrei word nie.
Verskeie nuwe pedagogiese modelle word ook na vore gebring byvoorbeeld: “Learning 2.0”, “Learning 2.0 counter-evidence”, konnektivisme, gemeenskappe van ondersoek, teorie/praktyk praktiese navraag, akademiese vakleerlingskap, e-leer of e-padagogie (Atwell & Hughes, 2010).
’n Verdere benadering is dié van gemeenskappe van praktyk. Hierdie benadering is gesetel in die gesitueerde leerteorie wat die gesitueerde natuur van leer uitlig en beklemtoon (Atwell & Hughes, 2010). Kennis word aangeleer, gegenereer en dit word getransformeer in die sosiale interaksie waarin die kind hom of haarself bevind. So is dit duidelik dat lede van aanlyngemeenskappe, skakels maak met kennis en selfs nuwe kennis uitbrei deur hierdie leerteorie. So ontwikkel en verdedig hierdie lede opinies.
Nog ’n benadering is die aktiwiteitsteorie. Die aktiwiteitsteorie model kontekstualiseer die interaksie tussen mense en rekenaars met die aktiwiteitssisteem waarin dit plaasvind, terwyl dit die mediasie van instrumente en gereedskap, reëls en verdeling van arbeid beklemtoon (Atwell & Hughes, 2010). Menslike praktyke word as ontwikkelingsprosesse ondersoek. Hierdie benadering beklemtoon die belangrikheid van die interaksie met gereedskap as nuwe konsepte wat leer vorentoe dryf (Atwell & Hughes, 2010).
Sosiale konstruktivisme is nog ’n benadering wat digitale pedagogie ondersteun. Die teorie is gebasseer op die werk van Lev Vygotsky en beklemtoon die interaksie met die sosiale omgewing (Atwell & Hughes, 2010). Vygotsky se Zone van Proksimale Ontwikkeling vorm ’n integrale deel van sy teorie en dit beklemtoon dat leerders groei tot ’n mate tot die vlak van die inligting wat aan hulle voorgelê word (Atwell & Hughes, 2010). Hiermee ook die belangrikheid van steiering of ‘scaffolding’.
Hieruit is dit duidelik dat ’n mens nie net digitale pedagogie in ’n spreekwoordelike boks moet sit nie, maar dat hierdie praktyk gebruik maak van talle ander benaderings wat dit versterk.

Bronnelys:



Sunday, 1 March 2015

lewensreis #6

Vanoggend het ek en Pieter 'n gesin van 6 ingelaai en in Ceres gaan aflaai. Hulle sou ongeveer 40km te voet moes aflê in die brandende Karoo-hitte of hulle sou moes hike. Net weereens besef hoe bevoorreg ons is en hoe 'n mens die klein dinge soos 'n werkende motor mis kyk. #lewensreis6 #farm #karoo #humbled #diejirreisgoedvironssêkoos

lewensreis #5

Lewensreis #5: Rots van 'n man! Onsaglik lief vir jou Jakes! #lewensreis #simonsig #paendogterdag #minerva #blessed #father #daughter

lewensreis #4


Bevoorreg met hierdie ystervrou in my lewe. Dankie mamma vir alles!* Vierde damesdag #lewensreis4 #damesdag2015 #damesdag #mother #daughter #tropical #delvera #breakfast

lewensreis #3





Lewensreis #3: Hoe bevoorreg is ons om op die mooiste kampus te swot? #educationbuilding #view #lewensreis3 #blessed #clouds #mountain #ekkortkoffie

Wednesday, 25 February 2015

lewensreis #2





Niks kon my vandag meer gelukkig maak as om tussendeur al die rondjaag gou my wasgoed by die huis te gaan optel nie. #lewensreis2 #home #peace #myhartisdankbaar #waardeer #skoonwasgoed

lewensreis #1


Ek is innig dankbaar vir Food Lover's Market se Americano en verniet WiFi om hierdie besige week mee te begin. #lewensreis1 #coffee #americano #hierkomnding #reading #greaterthingsareyettocome

Die begin van 'n lewensreis

'n Mens is elke dag so gefokus op die konkrete, die onmiddellike en die nou. Ek sien dit daagliks in my eie lewe. Of dit nou die gejaag na die volgende sperdatum of spertyd is, die onoplettende verbygaan van die ure in die dag of sommer net 'n mens se geneigdheid is om die "klein dingetjies" in die lewe mis te kyk.

Anders as om iets konkreet te leer, wil ek leer om die kleiner dinge in die lewe meer te waardeer. Vandaar die naam van die blog, "lewensreis", omdat dit iets is wat aangaande is en wat nie skielik gaan stop nie. Hierdie is 'n reis van die lewe as sulks en die proses waardeur ek gaan gaan om oor 'n geruime tyd te kan sê: "Ek het dit nou."

Die reis gaan die vorm aanneem van kleiner posts op hierdie blog en dit gaan gepaardgaan met veral foto's en ander vorme van multimedia soos die geleentheid hom voordoen. Jy is welkom om my te gaan volg op Instagram by @anuska_rabe om eerstehands te sien wat ek deur hierdie "lewensreis" gaan doen. Ek sal alles wat op Instagram gesit word, hier ook post, maar dit gaan heel moontlik nie korrelleer met die spesifieke datum of tyd wanneer die oorspronklike foto opgelaai is nie.

Ek sien uit om hierdie lewensreis te begin.